GRYP DIE DAG

Gryp die dag met Carpe Diem Media en eet8eet.

OUTEUR Tania Delport

Tania Delport is terselfdertyd onkonvensioneel, passievol, vreesloos, kreatief, teen die grond neergegooi maar nie vernietig nie, vol blydskap en humor, Woord deurdrenk en geesvervuld, ‘n onvergeetlike persoonlikheid.

Tania Delport se skryftalent is ‘n passie en natuurlike gawe van God maar ook stil-stil geïnspireer deur die welbekende skrywer Hennie Aucamp wat 20 Maart 2014 oorlede is.

Sy het in die Stormberg hoogland in die Oos-Kaap grootgeword op die buurplaas vanwaar hy grootgeword het. Haar oom aan haar pa se kant was getroud met die suster van Hennie Aucamp, dus was hy deel van haar familie binnekring.

Tania Delport is in haar finale seisoen van liefde en lewe. Haar prioriteit is haar man Pieter. Sy is toegewyd en gaan haar gawes met veral vroue deel. Tania Delport se G-I-L in die nag het L-I-G in die dag geword want God is Liefde. Haar lewe het vlerke gekry. Dis tyd vir joune!

Die boek: Here, ek bloei

Die titel is kort en kragtig. Die boek is kragtig, onthoubaar en tot verheerliking van God. Die boodskap dat ‘n G-I-L in die nag L-I-G in die dag word want God is liefde in elke omstandigheid, in ons verlorenheid, in ons lyding, in ons radeloosheid en finansiёle stryd, in verraad en keuses, in ontnugtering en mishandeling, in verlies en in verhoudings, in hierdie lewe en op ons sterfbed is die sentrale boodskap van hierdie boek.

Ons glo hierdie boek gaan derduisende mense help, bydra tot hoop, genesing, versterking van duisende mense se geloof.

Die L-I-G val op insigte wat God deur Sy Gees gee, op bevryding, beskerming en dat herstel en nuwe lewe vir elkeen moontlik is. Maar werklikhede waarom christene veral worstel, kom aan die orde van die dag in hierdie boek. Die leser lees ‘n storie en ontdek ‘n tema in elke hoofstuk.

CARPE DIEM MEDIA OUTEUR/BLOGGER

TANIA DELPORT

CARPE DIEM MEDIA BOEKE

www.carpediem.co.za

FINESSE VOELGOED WINKEL

www.voelgoedwinkel.co.za